AFRIKAANSE GRAPPIE!!! (brocolli)

Nicholaas (toe 4) het by sy ouma gaan kuier, en ouma het dit goed gedink om hom bietjie groentes te leer eet wat sy ma nie graag gaar maak nie.

Die spesifieke dag is broccoli aan die beurt, en ouma versin die oulikste stories oor die boompies wat hy gaan proe.

Hy begin ewe entosiasties aan die eerste een eet, maar ouma sien hy kou al stadiger en kry so veraf trek in sy ogies.
"Ouma," roep hy toe sy ouma wat intussen in die spens verdwyn het, "kom kyk hier!" Die mannetjie beduie toe na sy bord waar hy die laaste "boompie" staan gemaak het, mooi vasgedruk in die middel van die rys.

"Kyk net, hierdie is die Paradys, en daardie boom is die boom waarvan God gesê het ons mag nie eet nie!"

You might also enjoy

Many of the jokes are contributions from our users. If you find anything offensive and against our policy please report it here with a link to the page. We will do everything to make this an enjoyable platform for everyone.